KERSFEES ROOMYSKOEK
- 1 liter vanilla roomys
- 1 liter sjokolade roomys
- 100 g rooi kersies
- 100 g gekapte neute
- 1 blikkie karamel kondensmelk
- 3 x 100 g sjokolade
Voer ‘n ronde bak uit met kleefplastiek en druk vas in lae soos volg:
Vanilla roomys
Sjokolade roomys met neute
Vanilla roomys met gekapte rooi kersies
Sjokolade roomys
Karamel kondensmelk
Wanneer die bestanddele op is of die bak vol is, maak mooi toe met kleefplastiek, en plaas in die vrieskas.
Vries die koek baie goed, verkieslik 24 uur.
Wanneer jy regmaak om te bedien, keer die “koek” uit op ‘n mooi opdienbord, verwyder die kleefplastiek en
smelt 300 g sjokolade, drup bo-oor die koek. Dit sal dadelik stol, sny en bedien.
Foto: Ansie Vermeulen Steyn