KERSFEES BROCCOLISLAAI
Ek het die gewone broccoli slaai so effens herwerk… met bietjie meer feestelike kleure en geure vir Kersfees🎄
- 1 koppie broccoli, fyn gekap
- ½ geel (of rooi vir ekstra feestelikheid) soetrissie, gekap
- ½ ui, gekap
- 4 – 5 peppadews, gekap
- 1 wiel fetakaas, gekrummel
- 4 repe spek, bros gebraai en gekap
- 175 ml gemengde geroosterde sonneblom en pampoensaad
- ½ koppie Bulgaarse jogurt
- ½ koppie mayonnaise
- 1 eetlepel asyn
- 1 teelepel versoeter
- sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele saam en verkoel.
Bedien saam met koue vleis of braaivleis.
Resep en foto: Ilze Jacobs
Category: