KERRIEWORSGEREG
Ek het eers oor daai eetlepel kerrie getwyfel, want ek eet nie brandgoed nie, maar hierdie is ‘n wenner. Ons het 3 aartappels se kappokaartappels gehad saam met dit. Hierdie is maklik ‘n ete vir 4 mense veral as jy die kapokaartappels of pasta of rys vermeerder. Dis ‘n lekker lang sous en ek sal dit beslis weer maak.
- 500 g beeswors
- 1 ui, dun gesny
- 2 wortels, in skywe gesny
- 3 sampioene, in blokkies gesny
- 1 eetlepel botter
- 1 eetlepel medium kerriepoeier
- 2 eetlepels koekmeel
- 500 ml beesvleisaftreksel
- 2 eetlepels vrugteblatjang
- sout, peper, knoffelsout en gemmer na smaak
- 1 koppie bevrore ertjies
- pietersielieblare, om te bedien
- kapokaartappel of rys, om voor te sit
Meng die 500 ml water en beesaftreksel vooraf.
Verbruin wors aan albei kante in ‘n groot braaipan, haal uit pan en hou eenkant.
Plaas die ui, wortel en sampioene in die pan en braai vir ‘n paar minute terwyl geroer word.
Voeg botter by en roer tot dit smelt.
Strooi die kerriepoeier oor en roer vir 30 sekondes.
Voeg die meel by die aftreksel en roer goed.
Giet dit dan stadig in by die mengsel in die pan en roer goed deur.
Roer die blatjang by en voeg die sout, peper en speserye na smaak by.
Sny wors in 1 cm stukke en plaas terug in die pan.
Roer alles saam en laat prut vir 5 – 10 minute tot wors gaar is en sous verdik.
Roer ertjies by en kook vir 2 minute totdat dit deurwarm is.
Sprinkel pietersielie oor en sit voor bo-op romerige kapokaartappel of rys.
Foto en resep verander deur Stien Rust