- Kerrievis:
- 1 ½ kg visfilette (nie te dik stukke nie)
- 4 groot uie, in ringe gesny
- 3 – 4 lourierblare
- vars knoffel, fyn gemaak
- Speserye: (pas aan vir eie smaak)
- 2 eetlepels kerriepoeier
- 1 eetlepel borrie
- ½ pakkie Robertsons Pickling Spices
- Jeera, Dahnia, 1 teelepel fyn kaneel, Masala, ensovoorts. Basies, alles wat jy in jou gewone kerrie sal sit, so sterk soos jy dit wil he. Rissies ook indien verkies.
- Ekstra:
- 1 liter wit asyn (ek gebruik Pick n Pay se maak, want dit is nie sterk nie, te sterk asyn maak die kerrie te suur)
- 1 ¼ koppie wit suiker
Geur die vis met sout en peper, pak in lae in groot kastrol met uie en knoffel tussenin.
Plaas ook lourierblare (bay leaves) tussenin.
In aparte kastrol, verhit klein bietjie olie om speserye gaar te braai.
Braai speserye vinnig in
die warm olie. Pasop vir brand. Voeg asyn en suiker by. Bring tot kookpunt.
Skep bo-oor die vis in die ander kastrol, skakel plaat aan op hoog.
Sodra dit sterk kook, plaas deksel op. Kook vir 15 minute, haal deksel af en kook vir ‘n verdere 5 minute.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels of in glasbak met deksel, laat heeltemal afkoel en hou in die yskas.
GENIET KOUD MET LEKKER VARS BROOD OF ROLLETJIES. LEKKER EET !!!!
Resep: Loraine Freitag