Your Recipe Blog

KERRIEVIS MET WITASYN

KERRIEVIS MET WITASYN

Ek het groot sukses om die resep te bottel.

  • 1 ½ kg visfilette, nie te dik stukke nie
  • 4 groot uie, in ringe gesny
  • vars knoffel, fyngemaak
  • 3 – 4 lourierblare (bay leaves), plaas tussenin
  • Speserye: (pas aan na eie smaak)
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • ½ pakkie Robertsons pickling spices
  • jeera, dahnia, 1 teelepel fyn kaneel, masala, na smaak
  • Ekstra:
  • 1 liter wit asyn
  • 1 ¼ koppie wit suiker

Sout en peper die vis, pak in lae in groot kastrol met uie, knoffel en lourierblare tussenin.
In aparte kastrol, verhit klein bietjie olie om speserye gaar te braai.
Voeg ook by die jeera, dahnia, 1 teelepel fyn kaneel, masala, ensovoorts. Alles wat jy in
jou gewone kerrie sal sit, so sterk soos jy dit wil hê. Rissies ook indien verkies.
Braai speserye vinnig in die warm olie. Pasop vir brand. Giet die asyn (ek gebruik pick n pay se maak want dit is nie sterk nie. Te sterk asyn maak die kerrie te suur) en die wit suiker by. Bring tot kookpunt.
Skep die sous oor die vis in die ander kastrol, skakel plaat aan op hoog.
Sodra dit sterk kook, plaas deksel op. Kook vir 15 minute.
Haal deksel af en kook verdere 5 minute.
Bottel in gesteriliseerde bottels of hou in glasbak met deksel in yskas.
Geniet koud met lekker vars brood of rolletjies.
Lekker eet!

Resep: Loraine Freitag

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page