Your Recipe Blog

KERRIEVARKTJOPS

KERRIEVARKTJOPS

  • 6 varktjops
  • 30 ml olie
  • 2 uie
  • 7,5 ml fyn koljander
  • 30 ml kerriepoeier
  • 15 ml borrie
  • 30 ml suiker
  • 60 ml asyn
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 500 ml water

Verhit olie in pan.
Sny uie in ringe en maak los van mekaar.
Braai die uie tot glaserig en strooi koljander oor – braai vir nog so 3 minute.
Meng kerrie, borrie, suiker, appelkooskonfyt, asyn en water in ‘n bakkie. Meng goed.
Giet oor die uie en kook verder vir 5 minute.
Skep van die sous onder in die bak. (Gebruik bak wat sal werk met kerrie – kerrie vreet sommige bakke)
Pak die tjops in lae in jou braaibak met kerriesous tussenin en bere in die yskas. (Bo-op moet ook ‘n lagie kerrie kom)
Braai die vleis oor die kole na smaak.

Nota:
Ons het die gaar vleis terug in die sous gesit en verhit op die kole. Dit moet so lekker deurstoom. (Moenie te lank verhit nie – die vet se krakerigheid moet nog behou word)
Jy kan dan van die sous oor jou tjop skep as jy eet. (Soos verkies)
(Bo-op ons vleis het ons net ons gaar wors ook gesit – dit was nie ingelê in die kerrie nie)
Ek sal volgende keer meer uie gebruik en kerrie miskien ‘n bietjie sterker maak – hang maar van persoonlike smaak af)

Resep en foto: Marlene Mouton Carstens

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page