KERRIEUIE
2 bottels links is die laaste in die pot gewees wat ek in voedselverwerker gesit het vir ‘n kerrie sous.
- 2 kg uie, skoongemaak, gehalveer en in ringe gesny
- 1 pakkie McCain Diced Peppers
- 750 ml asyn
- 250 ml suiker
- 25 ml kerriepoeier
- 25 ml Maizena
- 12,5 ml fyn knoffel
- 5 ml sout
- 15 ml Bisto
- 15 ml mosterd (whole grain)
Kook uie, peppers en 15 ml sout saam in water tot deurskynend.
Sit res van bestanddele in aparte kastrol en verhit. (Moenie kook nie).
Dreineer uie en sit terug in die kastrol.
Meng asynmengsel by en bring tot kookpunt. Kook tot verdik.
Bottel in gesteriliseerde bottels, seël en bêre.
Foto en resep: Suenell Liebenberg