KERRIESULT
- 1.5 kg beesvleis (chuck)
- 1 kg skoongemaakte varkskenkels
- 1 aartappel, geskil en in klein blokkies gesny
- 1 ui, geskil en fyngekerf
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- 1 ½ eeetlepels “mild and spicy” kerriepoeier
- 1 eetlepel borrie
- 1 teelepel gemaalde swart peper
- 1 teelepel brandrissievlokkies
- ¼ koppie bruinasyn
- 4 opgebreekte naeltjies
- ½ eetlepel Maizena, opgelos in ‘n klein bietjie water
- 2 lourierblare
- 2 eetlepels suiker
Plaas die ui en aartappels saam met die vleis in ‘n groot genoeg kastrol en bedek dit met water.
Kook die vleis op lae hitte (ek het my stoof se plaat op 1 gestel) vir omtrent 2 ure tot die vleis afkom van die bene af en laat dit afkoel.
Haal die bene almal uit en knip of sny die vleis in klein stukkies.
Voeg al die ander bestanddele by en kook vir omtrent nog 90 minute.
Nota:
Kook die vleis op lae hitte sodat die lymerigheid van die skenkels nie verlore raak nie.
Resep en foto: Marié Fourie