KERRIESPEK SOSATIE
Ek’t al vir baie lank gewonder hoe sal ‘n stukkie spek met kerrie proe en vanaand toe maak ek nou my punt om te toets en lekker was dit baaaaaaie beslis.
- 1 eetlepel “mild en spicy” kerrie
- 2 eetlepel heuning
- 2 eetlepel olyfolie
- 1 eetlepel Dijon Mosterd
- 1 pakkie van 200 g repies spek
Meng al die bestanddele buiten die spek saam om ‘n sous te vorm.
Ontrafel die repies spek en meng dit met die sous.
Rol die spek op in klein rolletjies en ryg op ‘n sosatiestokkie.
Braai op skerperige kole tot lekker krakerig en geniet vir ‘n “oudurfie” voor die braai.
Resep en foto: Gideon Louw