Your Recipe Blog

KERRIESOUSBONE

KERRIESOUSBONE

Hier is ‘n nuwe inlê lekkerte. Ek is besig om sousbone in te lê en het een kooksel gekerrie en dit het baie lekker uitgekom. Dis my eie resep.

  • 1 pakkie Suikerboontjies (500 g), sorteer en verwyder klippies (oornag geweek)
  • 1 eetleel kookolie
  • 3 uie, gekap
  • 1 teelepel knoffel, fyn gekap
  • 1 eetlepel borrie
  • 3 teelepels Amina’s kerriepasta
  • 1¼ koppies witasyn
  • 1¼ koppies suiker
  • 5 ml Ina Paarman geurselsout
  • 3 ml gewone sout
  • ± 2 eetlepels Maizena, om mee te verdik

Kook die boontjies tot sag in skoon water (sonder sout).
Dreineer van die water af tot daar omtrent ‘n koppie water oorbly as die boontjies gaar is.
Voeg die olie, knoffel, uie, borrie en kerriepasta in ‘n aparte pot en braai dit baie stadig vir 5 minute. Verwyder van die hitte.
Roer die suiker en asyn by, asook die soute.
Roer tot suiker opgelos het.
Voeg die kerriemengsel by die gaar boontjies en bring dit stadig tot kookpunt. Meng die Maizena met bietjie van die sous in die pot en meng goed deur terwyl dit stadig kook en verdik.
Bottel dit dadelik in warm gesteriliseerde flessies, draai die deksels op en plaas onderstebo tot afgekoel.

Notas:
Ek het ligte bruinsuiker gebruik en wit asyn (PnP se maak)
Jy kan witsuiker gebruik, myne was net bietjie min.
As jy nie kerriepasta in die hande kan kry nie, gebruik Rajah medium kerriepoeier, omtrent 15 – 20ml. Net gewone sout en bietjie swart peper sal ook reg wees.
Ek het 5 flessies (heuning flessie grootte) uitgekry. En ‘n bietjie vir proe.
Ek het ‘n tregter van ‘n melkbottel gemaak wat ek afgesny het en dit werk soos ‘n bom. Spoel al die lepels ens. wat jy gebruik met kookwater af.
Dit het onder R25 gekos om te maak. Heerlik!

Resep en foto:  Louise Groenewald

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page