Your Recipe Blog

KERRIESOUS VIR WILDSWORS, TJOPS EN SOSATIES

KERRIESOUS VIR WILDSWORS, TJOPS EN SOSATIES

  • 45 ml olyfolie
  • 1 groot ui, in skywe en gehalveer
  • 60 ml asyn
  • 240 ml water
  • 200 ml blatjang
  • 15 ml bruinsuiker
  • 15 ml appelkooskonfyt
  • 15 ml kerriepoeier
  • 10 ml borrie
  • 5 ml gerookte paprika
  • 10 ml sout
  • 5 ml gemaalde peper
  • 2 lourierblare
  • 3 naeltjies
  • 6 wonderpeperkorrels
  • 10 ml mosterdkorrels
  • 30 ml bruinsuiker

Meng die blatjang, water, appelkooskonfyt en asyn en hou eenkant.
Verhit olie en braai uie tot glanserig saam met die lourierblare, naeltjies en wonderpeperkorrels.
Voeg die res van die speserye by en roerbraai ‘n minuut of twee waarna die blatjangmengsel bygevoeg word.
Laat prut vir 20 minute op lae hitte, verwyder van die plaat en laat afkoel tot louwarm.
Pak die vleise in ‘n bak en skep die louwarm kerriesous daaroor.
Laat marineer vir 3 – 5 dae in die yskas en draai gereeld om tydens proses.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page