KERRIESOUS VIR INGELEGDE VIS
Eerste probeer slag.
- 2 kg stokvis / hake, in groot stukke gesny
- ½ koppie kookolie
- 6 groot uie, in dik ringe gesny
- 4 knoffelhuisies, gekneus
- 500 ml bruin druiweasyn
- 250 ml wit wynasyn
- 3 eetlepel kerriepoeier
- 10 ml borrie
- 1 teelepel sout
- 5 ster anys sade
- 60 ml gemmer, gestamp
- 1½ koppie suiker
- 100 ml water
- 4 lourierblare
In ‘n lekker groot kastrol, maak kookolie warm.
Braai saam: knoffel, gemmer, uieringe tot uie deurskynend is.
Draai hitte op laag, voeg kerriepoeier, ster anys, lourierblare by en braai stadig saam.
Sit vis stukke en borrie by en oor lae hitte prut alles vir 5 min.
Meng suiker, asyn en water en voeg by, kook vir 20 minute baie stadig.
Laat dit goed afkoel, plaas vis stukke in flesse, maak vol met uiekerriesous en verseël.
Sit in yskas minstens 2 dae.
Resep en foto: Ansie Burger Olivier