KERRIESOUS VIR FRIKADELLE
Maak jou gunsteling frikkadelle, maak dit gaar, hou eenkant en wanneer die volgende sous gereed is, pak die frikkadella in die sous, kook deur en bedien.
- Sous:
-
15 ml olie
-
2 medium uie, opgekap
-
10 ml matige kerriepoeier
-
45 ml rosyntjies
-
½ aftreksel blokkie (enige geur) opgelos in 250 ml kookwater
-
15 ml soppoeier (enige soort)
-
220 ml natuurlike jogurt
Verhit die olie en sorteer die uie tot glasig.
Voeg die kerriepoeier by en roerbraai effens.
Voeg die rosyntjies en aftreksel by en laat prut ‘n paar minute lank.
Verdik met soppoeier (wat met ‘n bietjie water aangemaak is).
Voeg dit by die uiemengsel.
Voeg jogurt by en roer goed. Laat deurkook.
Voeg die frikkadelle in die sous en prut tot lekker warm.
Bedien met kapokaartaapels en groente of slaai.
Resep en foto: Amanda Austen