KERRIEPIESANG FRIKKADELLE
- 1 kg maalvleis
- 5 snye wit brood, in 500 ml aftreksel geweek
- 2 eiers
- sout
- peper
- ½ teelepel fyngemaalde naeltjies
- ½ teelepel fyngemaalde neutmuskaat
Voeg alle bestanddele saam en meng goed.
Vorm balletjies, rol in meel en pak in ’n gesmeerde oondbak. Enige vloeistof wat oorgebly het kan ook in die oondbak gegooi word. Bak in die oond by 180 ºC tot gaar.
- Kerriepiesangsous:
- 500 ml asyn
- 500 ml water
- 1½ eetlepel kerriepoeier
- 1 eetlepel borrie
- 3 eetlepels fyn appelkooskonfyt
- 2 eetlepels suiker
- 2 eetlepels koekmeel
- sout
- peper
- 12 piesangs, gekerf (hou 6 piesangs se skywe apart)
- 5 uie, gerasper
- botter
Braai die uie in botter.
Maak die meel aan met die asyn en water. Voeg geleidelik by die uie en roer goed deur.
Voeg die kerrie, borrie, konfyt, suiker en 6 piesangs se skywe by.
Kook tot die piesangs sag is.
Strooi die ander piesangskywe oor die frikkadelle en skep die sous oor die frikkadelle.
Plaas terug in die oond en bak tot alles lekker warm is.
Resep: Amanda Conradie
Foto: Elize de Kock