Your Recipe Blog

KERRIENOEDELSLAAI MET PERSKES

Recipe by
| Servings: 4-6

KERRIENOEDELSLAAI MET PERSKES

  • 250 g pasta, gaargekook
  • 1 blikkie perskes (420 g), sonder stroop en opgesny
  • 1 ui, fyngekerf
  • ½ soetrissies van elk geel, groen en rooi, fyngesny
  • Sous:
  • 5 ml borrie
  • 15 ml kerriepoeier
  • 120 ml bruinasyn
  • 120 ml blatjang
  • 120 ml witsuiker
  • 20 ml sojasous

Meng die pasta, perskes, ui en soetrissies saam.
Meng al die sous bestanddele goed saam en giet oor pasta. Meng goed deur.
Plaas die slaai in die yskas vir 24 uur vir die geure om met die pasta te meng.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5