KERRIEMAALVLEISPOT
- 500 g maalvleis
- sout en gemaalde peper, na smaak
- 50 ml witwyn
- 1 ui, fyn opgesny
- 15 ml geparsde knoffel
- 1 blik fyn gekapte tamaties
- 30 ml tamatiepuree
- 60 ml sterk blatjang
- 60 g appelkooskonfyt
- 20 ml 11-in-1 kerrie en masalamengsel
- 20 ml borrie
- 5 ml paprika
- 15 ml kerrie rys speserye
- 10 ml fyn gemmer
- 5 ml fyn komyn
- 5 ml fyn kaneel
- ‘n handvol Dhania blaartjies, opgesny
- 2 pietersielie takkies blaartjies, opgesny
- 30 ml suurlemoensap
Braai die uie in olyfolie tot glanserig. Geur die maalvleis met sout en peper en voeg saam met die witwyn by die uie. Roerbraai deur tot die kleur nie meer pienk is nie.
Meng die res van die bestanddele saam met die inhoud van die blik tamaties in ‘n aparte bak, meng dit goed deur tot ‘n gladde tekstuur.
Voeg die tamatiemengsel by die maalvleis in die pot en roerbraai deur op lae hitte.
Laat prut vir minstens 1 uur deur gereeld te roer of plaas in die oond teen 130°C vir 2 ure.
Voeg suurlemoensap by halfpad deur die proses en roer deur.
Strooi ekstra dhania blaartjies oor en bedien saam met rys, kapokaartappels of pasta.
Resep en foto: Johan Rossouw