Your Recipe Blog

KERRIEMAALVLEIS VIR ONTBYT OF BRUNCH

KERRIEMAALVLEIS VIR ONTBYT OF BRUNCH

ONTBYT VIR 2 MET KERRIEMAALVLEIS EN EIER

Twee sagte eiers op basaar kerriemaalvleis op roosterbrood. Bedien saam met Chipolata worsies.

  • Basaarkerrie:
  • 2 groot uie, gekap
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • olie vir braai
  • 2 groot opgehoopte eetlepels appelkooskonfyt
  • 2 groot opgehoopte eetlepels blatjang
  • 2 kg maalvleis
  • 1 eetlepel sout
  • 1 blokkie beesstert ekstrak, aangemaak volgens aanwysings
  • 1 blik tamatie- en uiesmoor
  • 2 – 3 groot aartappels in blokkies gesny (vooraf gekook in die mikrogolf tot amper sag)
  • 500 g gevriesde gemengde groente of 1 blikkie kerriegroente en 1 blik gemengde groente (410 g)
  • 1 pakkie beesstert soppoeier
  • 1 blokkie Wheetbix, gekrummel, om mengsel te bind, opsioneel

Braai die uie, kerrie en borrie in ‘n warm pan met bietjie olie tot sag.
Voeg die appelkooskonfyt, blatjang en maalvleis by en roerbraai tot vleis net begin verbruin.
Voeg die sout, beesstert ekstrak, tamatiesmoor, aartappels en groente by.
Laat prut die vleismengsel tot sag en gaar.
Maak die pakkie soppoeier aan met bietjie water en voeg dit by die vleismengsel en roer goed deur.
Laat dit prut tot die sop gaar en die vleismengsel verdik het.
Indien nodig, verdik die vleismengsel met die gekrummelde blokkie weetbix.
Gebruik soveel kerriemaalvleis soos benodig en vries die res vir later.

Nota:
Ek het vandag vir “brunch” ‘n “Bunny chow” gemaak met die maalvleisvulsel en tuisgemaakte rolletjies.
Ek het 1 kg brooddeeg by die plaaslike supermark gekoop.
Die deeg in vier verdeel, op ‘n bakplaat gepak en laat rys, daarna in ‘n voorverhitte oond gebak teen 180ºC.
Die broodjies uitgehol en gevul met die maalvleisvulsel wat ek ontdooi het.

Resep getoets en foto’s: Abri van Vuuren

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page