KERRIEMAALVLEIS EN GEELRYS
Doodgewone kerrie maalvleis en geelrys met rosyne.
- genoeg olie om uie te braai
- 1 ui, gekap
- 5 ml (1 teelepel) fyn knoffel
- 5 ml (1 teelepel) vars gemmer, gerasper of 1 teelepel gemmer poeier
- 30 ml Worcestersous
- 30 ml tamatiesous of tamatie pasta
- 500 g maalvleis
- 3 medium aartappels, in blokkies gesny
- 250 g gevriesde gemengde groente
- 10 ml kerriepoeier
- 5 ml fyn naeltjies
- 5 ml fyn komyn
- 5 ml fyn neutmuskaat
- 5 ml (1 teelepel) borrie
- 30 ml (2 eetlepels) appelkooskonfyt
- 10 ml (2 teelepels) asyn
- beef stock blokkie
- 500 ml kookwater
Verhit olie en braai uie, knoffel, kerriepoeier, naeltjies, komyn, neutmuskaat, borrie en gemmer tot sag. Skep uie uit en braai maalvleis tot bruin. Plaas uie en geurmiddels terug by vleis, laat goed braai. Voeg die die Worcestersous en tamatiesous/pasta by. Meng appelkooskonfyt en asyn en voeg by maalvleismengsel.
Voeg 500 ml kookwater met ‘n beef stock blokkie by. Voeg aartappels by en kook vir so 15 minute. Voeg gevriesde gemengde groente by en kook tot gaar.
Kook dan tot al die water amper weggekook is en druk paar van aartappel blokkies fyn om sous bietjie dik te maak. Roer goed. Geur met sout en peper.
- GEELRYS MET ROSYNE
- 125 ml (½ koppie) rosyntjies
- 325 ml (1½ koppie) rys
- 10 ml borrie
- 7.5 ml sout
- 60 ml suiker
- 1 kaneel stokkie
- 60 ml botter/magarien
Kook rys en kaneelstokkie tot half gaar. Voeg die rosyntjies, borrie, sout, suiker en botter by en kook verder tot rys gaar is. Roer deur en dien op.
Resep en foto : Heleen Brümmer Nel