Your Recipe Blog

KERRIEKOOL IN DIE MIKROGOLF

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 1.6 liter

KERRIEKOOL IN DIE MIKROGOLF

  • 1 kg kopkool
  • 2 middelslag uie
  • 250 ml water
  • 600 ml witasyn
  • 500 – 600 ml witsuiker
  • 100 ml koekmeel
  • 15ml kerriepoeier
  • 15 ml mosterdpoeier
  • 5 ml sout

Verwyder die harde buiteblare van die kopkool.
Halveer en sny die stronk uit en snipper die kool mooi fyn.
Skil en kap die uie fyn.
Plaas die kool en uie in ‘n diep 3,5 liter bak.
Voeg water by en bedek die bak.
Mikrogolf vir 20 minute by volle krag en roer na die eerste 10 minute.
Laat dit goed dreineer.
Meng die asyn, suiker, meel, kerriepoeier, mosterdpoeier en sout in dieselfde bak.
Mikrogolf vir 10 minute op volle krag tot dik en roer gereeld.
Meng die koolmengsel met die kerriesous.
Mikrogolf vir 5 minute oop op volle krag en roer dit een of twee keer.
Skep die warm kerriekool dadelik in gesteriliseerde flesse en verseël.

Resep geplaas deur Marie Rheeder Troskie
Foto:  Lorett Brittnell
My resep is basies dieselfde behalwe dat ek dit op die stoof kook en ek gebruik omtrent dubbeld die hoeveelheid kool want dit kook baie weg. Ek pas maar net die sout agterna bietjie aan.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page