Your Recipe Blog

KERRIEKOMKOMMER

KERRIEKOMKOMMER

Dit is regtig ‘n “moet probeer”. Hoe langer dit staan hoe lekkerder raak dit.

  • 2 kg Engelse komkommer
  • ½ kg uie
  • 750 ml asyn, meet baie presies af
  • 2 eetlepels kerriepoeier
  • 2 eetlepels borrie
  • 2 eetlepels mosterdpoeier
  • 3 eetlepels Maizena
  • 3 koppies suiker
  • 1 teelepel sout

Sny komkommers in blokkies en kap uie fyn, kook tot sag. Dreineer die water af.
Meng res van die bestanddele buiten die Maizena saam en roer tot suiker opgelos is, voeg by en kook weer.
Maak die Maizena met klein bietjie water aan, voeg by en kook deur.
Bottel warm.

Nota:  Marie Dumas Jennings
Hierdie is altyd ‘n treffer, ek sit altyd 1 teelepel mosterdsaadjies ook in.

Resep geplaas en aangepas deur Frans van Rensburg
Foto: Frans van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page