KERRIEHOENDER PENSIES, NEKKIES EN POTE
- 2 uie, in skywe gesny
- 2 knoffel vingers, fyn gekap
- 8 hoender pote
- 10 nekkies
- 20 pensies
- 4 groot aartappels, in ¼ gesny
- 2 teelepels sout
- 15 ml elk, garam masala, komyn; koljanderpoeier; borrie en “lemon pepper”
- 3 kardamon pods
- 2 tamaties, opgesny
- 15 ml packs kerriepaste
- ¼ koppie tamatiesous
Braai uie in botter/ghee, voeg kerriepoeiers en 2 tamaties by, voeg pensies by saam met 1 liter water. Kook vir 45 minute.
Voeg pote en nekkies by en kook vir ‘n ½ uur, voeg kerriepaste by en indien nodig nog sout, en ook die tamatiesous.
Voeg weer water by indien nodig, kook tot amper sag, voeg aartappels by, kook tot alles sag is en ‘n lekker sous gevorm het.