KERRIEHOENDER MET PASTA
- 1 hoender, gaargemaak en ontbeen
- 250 g rou macaroni, gaargemaak
- 1 ui, gekap
- 15 ml kookolie
- 15 ml kerriepoeier
- 3 tamaties, ontvel en in blokkies gesny
- 5 ml suiker
- 1 blik kerriegroente
- 80 ml mayonnaise
- 80 ml blatjang
- 100 ml natuurlike jogurt
- sout en peper na smaak
Braai die ui in die olie tot sag. Voeg kerrie by en braai 1 min lank.
Voeg die tamaties by en prut tot alles sag is. Voeg die suiker by en meng deur.
Roer die kerriegroente, hoender en macaroni by.
Meng die jogurt, blatjang en mayonnaise saam en voeg by. Meng goed deur.
Laat prut tot warm en voeg sout en peper by indien nodig.
Resep en foto: Amanda Austen