Your Recipe Blog

KERRIEHOENDER MET PASTA SONDER GROENTE

KERRIEHOENDER MET PASTA SONDER GROENTE

Dis koud hier by ons en hierdie is ‘n baie lekker resep. Lip lekker!

  • 1 heel gaar hoender, ontbeen en gepluis
  • 250 g rou macaroni, gaar gekook
  • 1 ui, gekap
  • 15 ml olie
  • 15 ml kerriepoeier
  • 1 blik tamatie- en uiemengsel
  • 5 ml suiker
  • 80 ml mayonnaise
  • 80 ml blatjang
  • 100 ml natuurlike jogurt
  • sout en peper na smaak

Braai die ui met die olie in ‘n warm pan op die stoof tot sag.
Voeg die kerrie by en braai vir 1 min.
Voeg die tamatie- en uiemengsel by en prut tot ‘n pulp.
Voeg die suiker by en meng.
Roer die hoender en macaroni by die tamatiemengsel en roer deur.
Meng die jogurt, blatjang en mayonnaise saam, voeg dit by die hoendermengsel in die pan en meng goed deur.
Laat die gereg prut tot deurwarm, voeg sout en peper na smaak by, indien nodig.

Resep aangepas en foto: Sonja Beukes Oosthuizen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page