Your Recipe Blog

KERRIEGROENBOONTJIES

KERRIEGROENBOONTJIES

  • 2 kg groenboontjies
  • 1 kg uie
  • 400 g witsuiker
  • 500 ml bruinasyn
  • 50 ml mielieblom (Maizena)
  • 30 ml kerriepoeier, of na smaak
  • 15 ml sout
  • 10 ml borrie
  • 250 ml bruinasyn

Kerf die groenboontjies of sny dit in lengtes op.
Skil die uie en kap dit op of sny in skywe.
Kook die boontjies en uie saam in genoeg water tot sag, dreineer.
Voeg die suiker en 500 ml bruinasyn by die boontjiemengsel en laat dit stadig deurkook.
Meng die mielieblom, kerriepoeier, sout en borrie met 250 ml bruinasyn.
Roer dit by die boontjiemengsel in en prut tot verdik.
Bottel in gesteriliseerde flesse en verseël die kerrieboontjies warm.

Foto: Louisa Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page