Your Recipe Blog

KERRIEBRON / -SULT

Cook: ± 4 ure

KERRIEBRON / -SULT

My eie bron / sult gemaak. Die pote is skoongemaak, sonder die hoewe of tone.

  • 4 beespote
  • 4 skaappote
  • 4 varkpote
  • 1.2 kg bees stowevleis sonder vet
  • 2 eetlepels suiker
  • 3 eetlepels borrie
  • 3 eetlepels kerriepoeier
  • 3 eetlepels paprika
  • ½ koppie asyn
  • ½ koppie water
  • 1 blokkie Knorr hoenderekstrak
  • 1 eetlepel sout
  • genoeg water om die vleis in die pot te bedek

Voeg die suiker, borrie, kerrie en paprika in ‘n mengbak, voeg die asyn en water by, en roer tot gemeng, plaas eenkant.
Plaas die blokkie hoenderekstrak in ‘n beker, voeg ‘n bietjie kookwater by en roer totdat dit opgelos is.
Was die pote goed af met skoon water en plaas die pote, beesvleis, opgelosde hoenderekstrak en sout in ‘n groot pot op die stoof.
Vul die pot met warmwater totdat die vleis bedek is en plaas die deksel op die pot.
Bring die pot met vleis en water tot kookpunt en kook vir ongeveer 4 ure of totdat die vleis van die bene los raak.
Voeg die kerrie- en asynmengsel by die vleis in die pot en kook die vleis en kerrie onbedek vir ‘n verdere uur.
Begin om die groot bene wat van die vleis loskom uit die pot te verwyder met ‘n vleistang of ‘n vurk, gevolg deur die kleiner bene.
Giet die kerrievleis, met die meeste bene wat verwyder is, in ‘n swart oondpan.
Neem ‘n vurk en verwyder al die los beenjies wat nog tussen die vleis is.
Plaas die bak met die vleis eenkant om af te koel.
Plaas die afgekoelde bak met die kerriesult in die yskas om oornag te stol.
Neem ‘n lepel of handoekrol die volgende oggend en krap of vee die oortollige vet, wat bo-op die sult gestol het, van die gestolde sult af.
Sny die sult in blokkies soos verkies en bêre in bakkies in die vrieskas tot benodig.
Wanneer benodig, ontdooi die sult oornag in die yskas.

Nota:
Geniet dit net so gestol of opgewarm oor rys, dit is ook heerlik saam met groentes van eie keuse.

Resep en foto: Christa Van Schalkwyk

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page