KERRIEBOONTJIES
- 1 kg groenboontjies
- 500 g uie, gekerf
- 500 ml (2 koppies) water
- 10 ml (2 teelepels) sout
- 375 ml (1½ koppie) asyn
- 15 ml (3 teelepels) Maizena
- 10 ml (2 teelepels) kerriepoeier
- 250 ml (1 koppie) suiker
Kook die eerste 4 bestanddele vir 10 minute lank saam.
Meng die res van die bestanddele en voeg dit by die groenboontjiemengsel.
Laat dit kook tot so sag soos verkies.
Gebruik warm of koud of bottel vir later gebruik.
Foto en resep: Heleen Brummer Nel
Category: