KERRIEAARTAPPELS EN CHILLI KAASSOUS
- 10 klein aartappeltjies, al dente opgekook
- olyf olie
- 5 ml kerrie masalamengsel
- 5 ml borrie
- 5 ml mosterdkorrels
- Cheddar kaas, gerasper
Verhit die oond tot 180°C op bak en rooster.
Sny die aartappeltjies in die helfte en plaas in ‘n mengbak.
Bedruip met olyf olie en skud goed deur dat hulle reg rondom bedek is.
Strooi die kerrie en borrie oor en skud weer goed deur.
Pak die aartappels op bakpapier op ‘n bakplaat en strooi die mosterdkorrels oor.
Plaas onbedek in die oond vir 45 minute. Strooi kaas oor 10 minute voor einde.
- Chilli Kaassous:
- 250 ml melk
- 25 ml botter
- 25 ml koekmeel
- 125 ml Cheddar kaas, gerasper
- 80 ml Parmesan kaas, gerasper
- 10 ml Chillies, fyn opgesny
- sout en peper
Verhit melk tot kookpunt en hou eenkant.
Smelt botter in kastrol en roer meel by.
Voeg melk bietjie vir bietjie by en roer goed ná elke byvoeging. Hou so aan tot melk op is en meel goed opgelos en ingewerk is. Geur met chilies, sout en peper en bring sous tot kookpunt vir een minuut. Verwyder van die plaat en roer die Cheddar en Parmesan kaas dadelik by, roer goed tot gesmelt.
Bedien hierdie heerlike sous saam met ‘n schnitzel, bogenoemde aartappels en groente van jou keuse.
Resep en foto: Johan Rossouw