Your Recipe Blog

KERRIE VAN BEESVLEISBLOKKIE

KERRIE VAN BEESVLEISBLOKKIE

  • 1 kg beesvleis blokkies
  • olie vir braai
  • 2 groot uie, fyn gekap
  • 6 tamaties, ontvel en fyn gekap
  • 2 groot wortels, gerasper
  • 30 ml suiker
  • 5 ml kaneel
  • 3 ml (ruim) fyn gemmer
  • 3 ml (ruim) borrie
  • Sous:
  • 30 ml olie
  • 30 ml asyn
  • 30 ml Worcestersous
  • 125 ml tamatiesous
  • 125 ml blatjang
  • 15 ml matige kerriepoeier / of “hot” (soos verkies)
  • 2 ml mosterdpoeier
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 1 lourierblaar
  • sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 160ºC.
Bespuit ‘n oondbak met kleefwerende kossproei.
Braai die beesvleisblokkies in olie tot goudbruin.
Geur met sout en peper na smaak.
Skep die blokkies in ‘n oondbak.
Sorteer die ui in ‘n bietjie olie tot sag en deurskynend.
Voeg die tamaties en wortels by.
Voeg suiker, kaneel, gemmer en borrie by en roerbraai ‘n paar minute lank.
Voeg die uiemengsel by die vleisblokkies en meng deur.
Meng al die sousbestanddele en giet oor die vleismengsel. Meng deur.
Bedek en bak sowat 2 ure lank of tot vleis sag is.
Dien op met rys.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page