Your Recipe Blog

KERRIE SULTANAS – SULTANA BLATJANG

KERRIE SULTANAS – SULTANA BLATJANG

  • 2.5 kg ryp gekorrelde sultanas
  • 1.2 kg uie, fyn gekap
  • 1 kg wit suiker
  • 1125 ml wit asyn (1.5 bottels)
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel gemmer
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • 1 eetlepel naeltjies
  • 2 eelepels wonderpeper
  • 2 eetlepels koljander
  • 60 ml Maizena (gebruik meer vir ‘n dikker konsistensie, ek gebruik dubbel, anders is dit baie loperig)

Bind die speserye in ‘n lap sakkie toe.
Kook die suiker, asyn, sout, kruie en uie saam.

Nota:
Mens kans die speserye direk in die stroop kook, maar dan kleur dit die sultanas baie donker en word die blatjang baie sterker.
Voeg die sultanas by die kokende stroop en kook tot gaar (20 – 30 min).
Maak die mielieblom met ‘n bietjie asyn aan en voeg by die sultanamengsel terwyl geroer word.
Kook deur en bottel in warm, gesteriliseerde flesse.

Resep: Tannie Ria Myburgh, Kanoneiland
Foto: Johan Coetzee

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page