KERRIE SKAAPVLEISPOTJIE
Soms wil ek dit so eet.
- 1.5 kg skaapvleis
- 1 eetlepel sout (20 g)
- 1 teelepel peper (2 g)
- 1 eetlepel kerriepoeier (5 g)
- 1 medium suurlemoen, in skywe gesny
- 2 medium uie, opgesny
- 1 medium tamatie, opgesny
- genoeg kookwater om vleis te bedek
Voeg die vleis, sout, peper, kerriepoeier, suurlemoen skywe, uie en tamatie in ‘n groot swartpot of kastrol, voeg genoeg kookwater by tot die bestanddele bedek is en bring tot kookpunt.
Kook alles saam totdat die vleis sag is.
Voeg die aartappels en appelkooskonfyt by die vleis en prut stadig verder totdat die aartappels sag is.
Bedien saam met bykosse van jou keuse, ek het my potjie saam met tamatie en uie slaai, stampkoring en groenboontjies bedien.
Resep en fotos: Stefaans Blaauw