Your Recipe Blog

KERRIE PYNAPPELBLATJANG

Recipe by
Cook: 35 minute | Servings: 4 X 450ml plus 352ml

KERRIE PYNAPPELBLATJANG

Ek het na vele resepte gekyk en toe aangepas met ń twist. Hierdie Kerrie pynappelblatjang is perfek om te bedien met gebraaide vleis, hoender of vis. Ook lekker vir ‘n kaasbord veral met sagte kaas soos Brie, Camembert of Roomkaas. Bedien yskoud.

  • 2 rooi uie en 4 gewone uie, opgekap in blokkies (ek hou van baie uie)
  • 1.7 kg pynappelblokkies
  • 1 groen appel, geskil en in blokkies gesny
  • ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 2 knoffeltoontjies, fyn gerasper
  • 250 ml wit asyn
  • 500 ml water
  • 2 ½ koppies suiker
  • 4 eetlepels warm mosterdpoeier
  • 2 tot 3 eetlepels kerrie (ek het matig gebruik en dit kan aangepas word volgens smaak)
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel borrie
  • swartpeper na smaak
  • 200 ml mielieblom (Maizena)
  • 750 ml water

Kook die uie in bietjie water vir 10 minute.
Na uie gekook het, voeg die pynappel, appel, soetrissie en knoffel by en kook vir ‘n verdere 15 minute tot vrugte sag is.
Meng die suiker, mosterd, kerriepoeier, sout, borrie en swartpeper saam.
Voeg die asyn en 500 ml water by en roer goed.
Voeg die suiker en kerriemengsel by en kook ‘n verdere 10 minute.
Roer gereeld.
Proe dat die soetsuur balans reg is vir jou.
Meng die mielieblom met 250 ml water en roer in vrugtemengsel.
Kook deur tot mengsel verdik. Oppas vir aanbrand.
Wanneer reg is, skep die warm mengsel in gesteriliseërde bottels en seël dadelik.

Resep en foto: Marié Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page