KERRIE PIESANGSLAAI
- 3 – 4 piesangs
- Sous:
- 4 eetlepels appelkooskonfyt (tuisgemaakte met stukkies in is heerlik)
- ½ teelepel borrie
- ½ teelepel kerrie
- 4 eetlepels mayonnaise
- 2 eetlepels kondensmelk
- 1 eetlepel asyn
Nota van Elna:
Ek het vandag Rina Kleinhans se kerrie piesangslaai gemaak. Ek het die appelkoos konfyt met appelkoos en lemoenkonfyt vervang. Julle hierdie is voorwaar die lekkerste, lekker slaai.
Category:












