KERRIE PERSKE PASTASLAAI
- 250 g skulpnoedels
- 7 ml sout
- 25 ml kookolie
- 75 ml perskestroop
- 1 groot ui, fyngekap
- 250 ml mayonnaise
- 75 ml vrugteblatjang
- 1 blik ertjies, opsioneel
- 15 ml matige kerriepoeier
- 10 ml borrie
- 1 blik (klein blikkie) taaipit perskes, dreineer en klein gesny
Kook noedels tot sag, dreineer en spoel onder koue water af. Sorteer helfte van ui in olie. Voeg blatjang, kerriepoeier, sout, borrie en perskestroop by. Meng goed en laat 2 minute prut.
Verwyder van hitte en meng res van die rou ui met mayonnaise, Voeg perskes en ertjies by. Vou kerriemengsel en noedels liggies by.
Foto 1: Madeleine Walters Bester
Foto 2: Sonja Young
Ek hou van die sous van die perskes en gooi daarvan die volgende dag oor die slaai om dit weer vogtiger te maak.
Foto 3: Sharon Naude
I just added a ¼ green pepper.
- Nog ‘n heerlike ene:
- 500 g gaar pasta
- 4 eetlepel kondensmelk
- 3 eetlepel mayonnaise
- 1 teelepel kerrie
- 2 teelepel borrie/tumeric
- 1 blik halwe perskes, opgesny
- ½ blok kaas, in blokkies gesny
Meng goed en maak met clingwrap toe, sit in yskas tot lekker koud.
Mens kan meer bygooi van kondensmelk en mayonnaise as dit te droog is.
Resep: Jurina Groenewald