Your Recipe Blog

KERRIE-PERI HOENDERLEWERTJIES

Recipe by
| Servings: 8 persone voorgereg of 4 hoof

KERRIE-PERI HOENDERLEWERTJIES

Dis nou een van daai resepte wat jy nie kan opneuk nie, al wil jy.

  • 2 bakkies hoenderlewers (2 x 250g)
  • 1 koppie koekmeel
  • olie vir diepbraai (so 1 cm in pan)
  • 1 blikkie chakalaka (hot and spicy)
  • 1 koppie room

Spoel lewers af onder koue water. Druk uit en droog goed af met lap.
Plaas die lewers saam met die meel in ‘n plastieksak en skud tot bedek.
Skud oortollige meel af en braai in olie tot goudbruin. Haal uit en droog af op kombuispapier.

Maak chakalaka en room saam warm in potjie. Voeg lewers by en roer deur.
Bedien met rys of roosterbrood, suurlemoen en genoeg yskoue witwyn.

Nota:
Die oorskiet kan jy fynmaak met ‘n bietjie brandewyn om ‘n heerlike patee te maak. Njam!

Resep en foto: Stef Conradie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page