KERRIE NOEDELSLAAI
Maak gerus die sous dubbeld aan anders is die slaai bietjie droog.
- 500 g noedels van jou keuse
- 1 groot ui, gesnipper
- 1 groot groen soetrissie, in blokkies gesny
- Optioneel: kan ook rooi en geel soetrisies insit vir meer kleur
- Sous:
- 250 ml tamatiesous
- 200 ml wit suiker
- 125 ml olie
- 125 ml wit asyn
- 25 ml kerriepoeier, matig
- 7 ml sout
- 2 ml swartpeper
- 1 ml tabascosous, opsioneel
Berei noedels volgens aanwysings op die pak.
Voeg ui en en soetrissies by die noedels.
Meng sous bestanddele saam en voeg by die noedels, meng goed deur.
Wenk:
Meng sous by noedels terwyl dit nog warm is (moenie noedels afspoel nie), die sous trek dan lekker in die noedels in, roer kort-kort deur.
Hoe langer die slaai staan hoe lekkerder, die slaai kan ook gebottel word.
Nog ‘n metode: Alet Schoen Murray
Ek kook my noedels tot gaar.
Ek meng al die bestandele vir die sous saam in glasbak, met die gesnipperde ui en soetrissie ingesluit, dan kook ek dit 8 minute op hoog in mikrogolf. Sodra dit klaar is, meng ek dadelik sous met warm noedels.
Foto: Annelize de Bruin
Resep : Marie Rheeder Troskie