KERRIE MARINADE OM VLEIS TE PRESERVEER
My skoonsuster, Betsie, het vir my die resep gestuur vir kerrie marinade vir tjops, hoender stukke of sosaties. Volgens Betsie vries die skaap tjops in die marinade baie goed.
- vleis van jou keuse
- appelkooskonfyt, na smaak
- kerriepoeier, na smaak
- uie, in ringe gesny na smaak
- bruin asyn
Pak ‘n laag in ‘n houer soos volg:
Vleis, lepels vol appelkooskonfyt, kerriepoeier en uie.
Herhaal.
Bedek dan met bruin asyn, genoeg om al die vleis toe te maak.
Laat staan in yskas vir 2 weke.
Braai en geniet.
Resep en foto geplaas deur Drienie Hattingh
Fotos: Betsie Hattingh
Nota:
Hanna Engelbrecht – 2 weke? Sal die asyn die vleis preseveer?
Drienie Hattingh – Ja! Die asyn en kerrie. My skoonma het dit altyd gemaak wanneer hulle vir 3 weke met karavaan Natal toe is. Sy het ‘n reuse plastiese houer met die tjops en marinade gemaak ‘n week of wat voor die vakansie en dan het hulle elke aand gebraai.