KERRIE MAALVLEIS
Hier is vir jou ‘n treffer en baie maklik en vinnig.
- 2 kg maalvleis
- 1 kg wortelblokkies
- 1 kg aartappel blokkies
- 400 g uie
- ½ tot 1 koppie appelkooskonfyt
Kook maalvleis gaar met uie en 2 koppies water en 3 teelepels sout.
Maak wortels en aartappels apart gaar.
Sodra vleis gaar is, sit appelkooskonfyt by. (begin by ‘n ½ koppie en pas aan na smaak as jy patats gebruik)
Voeg wortels en aartappels by.
- Meng volgende en voeg by:
- 1 eetlepel matige kerriepoeier
- 1 eetlepel borrie
- 1 koppie water
Gooi by vleismengsel en kook goed deur. Moenie ekstra water bygooi nie, indien die sous te dun is, kan bietjie Maizena angemaak met min water bygevoeg word.
Kook goed deur en bedien.
- Opsioneel:
- patat en aartappel blokkies, gemeng
- bietjie fyn naeltjies
- wituie soppoeier om mee te verdik in die plek van Maizena
- handvol rosyne
Baie lekker.
Resep: Ena Van Den Heever
Foto: Rina Kleinhans