Your Recipe Blog

KERRIE LAMSTJOPS EN AARTAPPELPAKKIES

KERRIE LAMSTJOPS EN AARTAPPELPAKKIES

Ek het ‘n kerriesousie aanmekaar geslaan vir die lekker lam boudtjops wat ons gaan braai en dit was tog te lekker. Ek het vir drie lamsboudtjops die volgende sous gebruik:

  • 2 klein uie, fyngekap
  • 1 eetlepel mild en spicy kerriepoeier
  • 1 eetlepel borrie
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 teelepel gemaalde swartpeper
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 3 eetlepels olyfolie
  • 3 eetlepels blatjang

Meng al die bestanddele saam en smeer die tjops daarmee en laat marineer vir 4 ure of langer.
Braai die tjops op skerperige kole tot gaar, maar sappig en voeg sout na smaak by.

Ek het ook saam met die tjops ‘n bygereggie gemaak wat bestaan het uit ‘n strokie aartappel wat vooraf gekook is tot amper gaar en dan bespuit is met ‘n strepie sri ratcha en ‘n bietjie swartpeper en ‘n knerts aromat.
Plaas dan ‘n strokie chedder kaas op die aartappel en draai dit toe met ‘n repie spek.
Braai dan die pakkie op die kole tot die spek mooi bros is en smeer met ‘n bietjie Jimmy sous.
Hmmmmmmmm djeeeerlik!

Foto en resep:  Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page