KERRIE KOESKOESSLAAI
- 2 koppies koeskoes (couscous)
- 2 koppies kookwater
Gooi water oor koeskoes en laat staan.
- Meng saam en voeg by koeskoes:
- 25 ml kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 1 koppie olyfolie
- ½ koppie suiker
- 5 ml gemengde speserye
- sout en peper na smaak
- Meng ook by:
- fyngesnyde groen soetrissie, na smaak
- 1 blik ertjies
- 1 blik pitmielies
Roer alles goed deur en laat oornag staan.
Resep : Angela De Klerk
Foto: Sandra Schreuder-de Klerk
Category: