KERRIE GROENBONE MET APPELKOOSKONFYT
My seun eet glad nie groenbone of kerrie bone nie. Ek maak hierdie lekker een en ewe skielik eet hy nou kerriebone. Dis baie lekker en maklik.
- 2 kg groenbone
- 1 kg uie
- 1 bottel bruinasyn
- 2 koppies suiker
- 125 ml mielieblom (Maizena)
- 4 eetlepels kerriepoeier (nie sterk nie)
- 3 eetlepels borrie
- 1 teelepel droë mosterdpoeier
- 2 teelepels sout
- 125 ml appelkooskonfyt
Kook die bone tot sag maar nie pap nie. Snipper die uie en lê in gekookte water vir so 20 minute.
Sous :
Meng die droë bestanddele, behalwe die mielieblom.
Plaas dit in ‘n pot saam met die asyn en roer tot gesmelt.
Roer die konfyt by.
Meng die mielieblom met koppie water.
Roer die mielieblommengsel by die sous en kook stadig tot verdik.
Skep die groenbone en uie by. Laat dit net goed deur kook.
Bottel warm.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder.
Resep: Maureen Jansen van Rensburg
Foto: Annelie Van Wyk – Ek het so bietjie gemodify en ‘n rissie of twee ingesit. Hierdie resep is uit die boeke uit lekker.












