KERRIE-GEKRUMMELDE VIS, DHAL EN RAITA
- Dhal
- 2 uie, gekap
- 2.5 cm gemmer, gerasper
- 3 – 4 knoffelhuisies, fyn gesny
- 1 teelepel rissiepoeier
- 1 eetlepel borrie
- 500 g rooi lensies
- 1 blik klappermelk
- 1 liter kookwater
- 2 bees aftreksel blokkies
- ½ suurlemoen se sap
- sout en peper na smaak
- Gekrummelde kerrievis
- 500 g vis fillette, in repe gesny
- ½ koppie Griekse jogurt
- 2 teelepels kerriepoeier
- 1 teelepel borrie
- 375 ml broodkrummels
- 2 eetlepels olie
- Raita
- ½ koppie griekse jogurt
- ¼ komkommer, gerasper
- 2 eetlepel vars kruisement- en koljanderblare elk, fyn gesny
- sout en peper na smaak
Dhal:
Braai ui tot sag. Voeg knoffel, gemmer, rissiepoeier en borrie by en braai nog ‘n minuut.
Voeg klappermelk, water en aftreksel blokkies by en prut oor ‘n lae hitte vir 15-20 minute tot dik en sag.
Roer suurlemoensap deur.
Vis:
Meng die yogurt, kerriepoeier en borrie saam in ‘n glasbak, laat die vis daarin marineer vir so lank as jy kan.
Rol elke stuk vis in die broodkrummels, plaas op ‘n oondplaat, sprinkel olie oor en bak 10 – 15 minute by 190ºC.
Raita:
Meng al die bestanddele saam.
Bedien vis met die dhal met raita bo-op.
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs