Your Recipe Blog

KERRIE EN RYS MET FILO “TWIST”

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 -6 porsies

KERRIE EN RYS MET FILO “TWIST”

Ek het net gewone kerrie maalvleis gemaak soos wat mens vir kerrie en rys sal maak met genoeg sous maar nie “sop” nie.  Skep ek die gaar kerriemaalvleis in klein bakkies, verf ‘n filo velletjie met gesmelte botter en frommel hom op die maalvleis en bak in die oond by 180 ºC vir ongeveer 25 min.
Bedien saam met gewone basmati rys en ‘n slaai.
Mensig ons het geëet soos konings.
Gebruik hierdie resep vir die maalvleis indien jy wonder hoe om dit te maak.

  • Kerrie maalvleismengsel:
  • kookolie
  • 2 uie, in ringe gesny
  • 15 ml fyngedrukte knoffel
  • 15 ml kerriepoeier
  • 2 ml fyn komyn (jeera)
  • 2 ml fyn gemmer
  • 2 ml fyn koljander
  • 1 heel kaneelstok
  • 500 g maalvleis
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 10 ml fyn appelkooskonfyt
  • 15 ml  tamatiepasta
  • 1-2 medium groot tamaties, ontvel en fyngekap
  • 5 ml  botter

Braai die uie en knoffel saam sit die speserye by en braai rukkie, sit die maalvleis by en braai tot vleis mooi gaar is. Meng die konfyt en pasta en sit by saam met die tamaties. Kook lekker deur, en indien die sous nie dik genoeg of genoeg is nie maak meer met bisto sous.
Berei die basiese maalvleismengsel en gebruik soos verkies.

Foto en resep: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5