KERRIE EN RYS EENSKOTTELGEREG
- 25 ml olie
- 800 g kortrib, opgesny
- 1 ui, fyngekap
- 1 blikkie tamatie en uie smoor
- 250 ml rou rys
- 750 ml kook water
- sout en peper na smaak
- 5 ml borrie
- 10 ml kerrie
- 10 ml bruinsuiker
- 10 ml bruinasyn
Braai vleis in olie tot bruin en skep uit. Braai ui in dieselfde pan tot sag.
Sit die tamaie, vleis, rys en water by die uie in en geur met sout en peper.
Meng die borrie, kerrie en suiker met asyn en klein bietjie water. Meng by rysmengsel in die pot in.
Kook op medium hitte tot die rys gaar is. (Voeg nog water by indien nodig).
Resep en foto: Amanda Austin