Your Recipe Blog

KERRIE EN PIESANG FRIKKADELLE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 90 - 120 minute | Servings: 6 porsies

KERRIE EN PIESANG FRIKKADELLE

  • Frikkadelle:
  • 2 dik snye witbrood
  • 125 ml karringmelk
  • 1 kg maer maalvleis
  • 1 ui, gerasper
  • 1 eier
  • 12,5 ml blatjang
  • 2 ml kerriepoeier
  • 2 ml neutmuskaat
  • 2 ml naeltjies
  • sout en peper
  • koekmeel
  • Sous:
  • 25 ml margarien
  • 4 groot uie, gekap
  • 25 ml koekmeel
  • 125 ml asyn
  • 15 ml suurlemoensap
  • 750 ml water
  • 12,5 ml kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • 37,5 ml appelkooskonfyt
  • 12,5 ml blatjang
  • 10 ml suiker
  • 6 ryp piesangs

Stoofplaat en oond:
Die frikkadelle:
Week die brood in die karringmelk en meng dit met die res van die frikkadelbestanddele, behalwe die koekmeel.
Vorm frikkadelle, rol dit in die koekmeel en pak dit lossies in ‘n oondskottel met ‘n deksel.
Voorverhit die oond tot 190°C (375°F).

Die sous:
Verhit die margarien in ‘n kastrol en braai die ui daarin tot sag.
Meng al ander sousbestanddele, behalwe die piesangs en roer by die uie.
Snipper twee van die piesangs en roer by die sous in.
Laat die sous ‘n paar minute prut tot die piesangs sag is. Sny die ander 4 piesangs in skywe en versprei oor die frikkadelle in die oondskottel. Giet die sous bo-oor, bedek en bak 1,5 – 2 uur tot gaar.
Sit voor met rys, klapper (opsioneel) en mengelslaai.

Alternatiewe Gaarmaakmetode:
Mikrogolf:
Die frikkadelle:
Net soos vir die oond, maar voeg 5 ml paprika by die koekmeel waarin die frikkadelle gerol word. Mikrogolf die frikkadelle 10 minute onbedek by 100% krag. Hergroepeer die frikkadelle na die eerste 6 minute. Sorg dat die buitenste frikkadelle nou in die middel is, en andersom.

Die sous:
Plaas die margarien en uie in ‘n groot glasbak en mikrogolf 5 minute onbedek by 100% krag. Meng die res van die sousbestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die uiemengsel. Sny 2 van die piesangs in skyfies en voeg by die sous. Mikrogolf 7 minute by 100% krag. Roere na elke 2 minute.
Sny die ander 4 piesang in skyfies en versprei oor die frikkadelle. Giet die sous oor, bedek en mikrogolf 10 minute by 50% krag en daarna 5 minute onbedek by 100% krag.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page