Your Recipe Blog

KERRIE-BLOMKOOLSOP

KERRIE-BLOMKOOLSOP

Nog ‘n sop resep…maar mens kan mos nooit te veel sopresepte hê nie?!  Hierdie een is goedkoop, vinnig (selfs loadshedding gaan jou nie wen nie!!), keto, diabeetvriendelik, en vegetaries, vegan en suiwelvry (as jy hoenderekstrak met groente-ekstrak vervang en klapperroom in plaas van room gebruik)! Phew…het hopelik nou al die boksies ge-“tick”! O ja – en dis heerlik!!  Ek het die oorspronklike resep by ‘n vriendin, Amy gekry, maar bestanddele bygevoeg en resep verander tot dit nou vandag so daar uitsien:

  • 500 g gevriesde of rou blomkool, in blommetjies gesny
  • 2 hoender- (of groente-) ekstrak blokkies
  • 700 ml kookwater
  • 3 teelepels kerriepoeier
  • 3 teelepels borrie
  • handvol vars koljander, opsioneel
  • 75 ml room of klapperroom
  • sout en peper na smaak

Plaas al die bestanddele (behalwe die laaste 3) in ‘n kastrol en kook vir ongeveer 10 tot 12 minute totdat die blomkool sag is.
Voeg die koljander en room by.
Haal die pot van die hitte af en maak fyn in ‘n voedselverwerker of met ‘n staafversapper.
Roer die sout en peper na smaak by en geniet!

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5