Your Recipe Blog

KERRIE BEETBLATJANG / SLAAI

KERRIE BEETBLATJANG / SLAAI

  • 6 – 8 koppies gaar beet, in blokkies gesny of gerasper
  • 3 uie, gekap
  • 2 koppies suiker
  • 3 koppies asyn
  • 5 eetlepels Maizena, maak aan met bietjie lou water
  • 2 eetlepel matige kerriepoeier
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel gedroogde gerookte rissievlokkies
  • ¾ koppie sultanas
  • 1 eetlepel geel mosterdsade
  • 8 heel naeltjies
  • bietjie olie

Meng suiker en asyn, kook matig en roer tot suiker opgelos het.
Voeg uie en beet by en kook vir 10 minute.
Braai die kerriepoeier, rissievlokkies, sultanas, mosterdsade en naeltjies intussen in ‘n klein bietjie olie.
Voeg dit dan saam met die sout by die beetmengsel en kook 5 min.
Sit die aangemaakte Maizena by en kook net deur.
Roer gereeld dat dit nie aanbrand nie.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels, seël dadelik.

Resep aanpassings en foto: Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5