KERRIE BEESSTERT TAMATIEBREDIE POT
- 1 kg beesstert/oxtail
- 1 groot ui, opgesny
- 1 groen soetrissie, opgesny
- 6 pimento korrels
- 3 heel naeltjies
- 1 lourierblaar
- 2 knoffeltone, opgesny
- 150 ml beesstertaftreksel
- 200 ml witwyn
- 80 ml water, gemeng met 20 ml tamatiesous
- 60 ml blatjang
- 10 ml Worcestersous
- 5 groot tamaties, grof opgesny
- 4 wortels, geskil en opgesny
- 10 klein aartappeltjies, gehalveer
- knippie neutmuskaat
- 5 ml gedroogde roosmaryn
- 5 ml gekapte rissies
- 5 ml gemengde kruie
- 15 ml kerriepoeier
- 10 ml borrie
- 5 ml fyn gemmer
- 10 ml bruin suiker
- sout en gemaalde peper
Verhit die oond tot 170°C of pot op die kole.
Sorteer die uie, groen soetrissie, knoffel, pimento’s, naeltjies en lourierblaar in ‘n pot.
Pak die beesstert bo-op, voeg die gekapte tamaties by en geur met sout en peper.
Meng die aftreksel, wyn, water met tamatiesous, blatjang en Worcestersous saam.
Voeg die speserye by en roer goed deur en giet die mengsel in die pot oor die vleis.
Bedek en plaas in die oond vir 1½ uur.
Voeg die gekapte wortels by en geur met die sout en peper saam met die bruinsuiker. Laat prut vir ‘n verdere uur.
Voeg die aartappels daarna by met ‘n knippie neutmuskaat en bedek vir ‘n verdere uur tot die aartappels, wortels en beesvleis sag is.
Bedien op rys of pasta.
Resep en foto: Johan Rossouw