KERRIE BEESLEWER EN BRISKETVET
Kerrie beeslewer en brisketvet. Die eerste keer dat ek die met kerrie probeer. Wil net sê omdat ek van my lewer medium gaar hou het ek die brisketvet en uie eers appart gaar gemaak.
- 300 g brisketvet in blokkies gesny soos op foto
- 3 medium uie gesny soos op foto
- 500 g beeslewer in blokkies gesny
- 2 teelepels kerriepasta
Braai eers die uie tot mooi bruin.
Skep die uie uit en braai dan die brisketvet in dieselfde uie pot tot gaar.
Sout en peper na smaak.
Skep dan die uie terug by die brisketvet en meng goed.
Ek het dit in die helfte gedeel om darem ook sonder kerrie te maak vir in geval.
Ek gebruik sommer kerrie pasta en het so 2 teelepel by geskep en goed gemeng.
Skep nou alles uit in ‘n aparte bak.
Braai die lewer in my geval “medium to rare” want dit gaan later weer bietjie meer gaar raak as ek dit warm maak.
Voeg die uie/brisket/kerriemengsel by die gebraaide lewer en meng goed.
Sit dit eenkant om bietjie te trek.
Begin met die slap pap. Julle kan maar rys of iets anders by gebruik vir die wat nie pap saam met vleis eet nie.
Teen die tyd dat die pap reg is, sit ek daai kerrielewer met die brisketvet terug op die warm plaat om warm te maak en skep dit oor die slap pap.
Dit het heerlik gekom.
Resep en foto: Koos van der Merwe