KERRIE AARTAPPELSLAAIResep en foto: Amanda Austen
- 4 aartappels, saggekook en in blokkies gesny
- 1 rooi ui, gekap
- 4 tot 8 agurkies (gerkins), in wieletjies opgesny
- Plaas alles in ‘n slaaibak en meng liggies deur.
- Sous:
- 250 ml mayonnaise
- 125 ml ongegeurde jogurt
- 10 ml medium kerriepoeier
- 15 ml blatjang
- sout en peper na smaak
- Meng sousbestanddele saam en giet oor die aartappels.
- Meng deur en laat staan ongeveer 2 ure in yskas dat geure kan deurtrek.
- Nota: As slaai te droog lyk, kan nog bietjie mayonnaise en jogurt bygevoeg word.
Category:


