Your Recipe Blog

KENWOOD BOERBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1¼ uur

KENWOOD BOERBESKUIT

  • Plaas die volgende saam in die menger se bak en meng deur met deeghaak tot effens gemeng:
  • 1 pakkie kitsgis
  • 170 g (⅓ van 500 g) botter by kamertemperatuur
  • 1 eier
  • 430 ml water
  • 250 ml (1 koppie) suiker
  • Meng die volgende saam en voeg be die vogmengsel:
  • 1 kg (7 koppies) koekmeel
  • 160 ml (⅔ koppie) Cremora
  • 1 eetlepel (15 ml) sout

Voeg die droë bestanddele by en meng stadig tot dit  bymekaar kom.
Knie op medium spoed vir ongeveer 10 min tot die deeg los van die bodem van die bak kom.
Smeer die deeg met bietjie botter en bedek die bak en laat rys op ‘n warm plek tot die deeg hoog uitgerys het (4 ure).
Knie af en bedek weer. Laat weer uitrys op ‘n warm plek.
Maak pan/ne op en laat uitrys op ‘n warm plek.
Hoe langer en stadiger die beskuit rys, hoe fyner is die tekstuur. Maak net seker die deeg kry nie koud nie.
Bak by 160°C vir 1¼ uur tot gaar. Moenie haastig wees nie.
Keer panne uit.
Smeer die koppe van die beskuit met soet swart koffie.
Koel heeltemal af voor jy dit breek/sny.
Droog uit by 80°C vir 4 – 6 ure. Met die oonddeur op ‘n skrefie oop.
Koel heeltemal af voor jy dit in lugdigte houers pak.

Resep en foto:  Frikkie Jones

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page