Your Recipe Blog

KENWOOD BOERBESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1¼ uur

KENWOOD BOERBESKUIT

Resep en foto:  Frikkie Jones

  • Plaas die volgende saam in die menger se bak en meng deur met deeghaak tot effens gemeng:
  • 1 pakkie kitsgis
  • 170 g (⅓ van 500 g) botter by kamertemperatuur
  • 1 eier
  • 430 ml water
  • 250 ml (1 koppie) suiker
  • Meng die volgende saam en voeg be die vogmengsel:
  • 1 kg (7 koppies) koekmeel
  • 160 ml (⅔ koppie) Cremora
  • 1 eetlepel (15 ml) sout
  • Voeg die droë bestanddele by en meng stadig tot dit  bymekaar kom.
  • Knie op medium spoed vir ongeveer 10 min tot die deeg los van die bodem van die bak kom.
  • Smeer die deeg met bietjie botter en bedek die bak en laat rys op ‘n warm plek tot die deeg hoog uitgerys het (4 ure).
  • Knie af en bedek weer. Laat weer uitrys op ‘n warm plek.
  • Maak pan/ne op en laat uitrys op ‘n warm plek.
  • Hoe langer en stadiger die beskuit rys, hoe fyner is die tekstuur. Maak net seker die deeg kry nie koud nie.
  • Bak by 160°C vir 1¼ uur tot gaar. Moenie haastig wees nie.
  • Keer panne uit.
  • Smeer die koppe van die beskuit met soet swart koffie.
  • Koel heeltemal af voor jy dit breek/sny.
  • Droog uit by 80°C vir 4 – 6 ure. Met die oonddeur op ‘n skrefie oop.
  • Koel heeltemal af voor jy dit in lugdigte houers pak.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page